Wêreldbekervoorspellers

Translated into Afrikaans (Original version)


Onthou jy vir Paul, die seekat? Hy was die ster van die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi omdat hy die wenners van Duitsland se wedstryde kon raai. Hy het ook die wenner van die finale wedstryf reg voorspel. Sy loopbaan het met die Euro 2008-toernooi begin, waar hy 11 uit 13 wedstryduitslae reg voorspel het. Hy het gekies tussen twee kosbakkies waarop die nasionale vlae aangebring is van elke span wat in elke wedstryd betrokke was. Hy is ongelukkig aan die einde van 2010 oorlede.

Paul was nie die enigste een nie. Selfs Harry, die krokodil, het die 2010-Wêreldbekerwenner reg geraai. Boonop was hy in staat om twee agtereenvolgende Australiese Federale verkiesingsuitslae reg te voorspel. Nietemin het hy nie die aantrekkingkrag van die Duitse seekat gehad nie. Mani, 'n Singapoerse papegaai, wat ál die kwarteindrondtes en die semi-finale van die 2010-Wêreldbekertoernooi reg voorspel het, het ook nie beter gevaar nie, want hy kon nie raai wie die wenner in die finaal tussen Spanje en Nederland sou wees nie.

Sedert Paul se ontydige afsterwe was daar 'n hewige stryd oor wie die kroon sal oorneem. Met die Euro 2012, was daar drie diere betrokke by hierdie spel: Citta, 'n Indiese olifant wat in 'n dieretuin in Krakau, Pole, aangehou word. Fred, die Oekraïense fret, wat op Twitter gevolg kan word. En Funtik, die Oekraïense waarsêervark, wat in staat is om 2 uit elke 3 wedstryde raak te voorspel.

Wie sal die plek inneem van Paul, die seekat, in die volgende Wêreldbekertoernooi? Sal dit die papegaai wees wat op die Sint Petersplein deur pous Francis geseën is en nou 'n ster van die nasionale openbare Italiaanse uitsaaier is? Of sal dit Nelly, die Duitse olifant, wees wat tot dusver 30 uit 33 wedstryduitslae korrek voorspel het? En natuurlik - moenie die psigiese vermoëns onderskat van die pandabeertjie wat deur die Chinese staatsmedia ondersteun word nie.

Die Italiaanse papegaai genaamd Amore (Italiaans vir liefde) sal sy voorspelling oordra deur die vlag van die wenspan op 'n miniatuur sokkerveld te kies. Nelly verkies om die wenners te voorspel deur die bal in een van die doelhokke te skop, met die deelnemende lande se vlae voor hulle geplaas. In plaas hiervan, sal die pandabeertjie die uitslae van groepwedstryde raai deur kos uit bakkies met vlae te kies en deur 'n boom met 'n vlag te klim in die uitkloprondes.

Het jy 'n troeteldier?
Sal hy of sy beter vaar? Hoe?
Laat hulle probeer!

by Eugene Seegers

12 Votes
#312 of #1440 in the World
#2 of #9 for Afrikaans



Go to the ranking page for Afrikaans

Can you translate better?

Join the challenge