Wêreldbekerorakels

Translated into Afrikaans (Original version)


Onthou jy Paul, die seekat? Hy was die ster van die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi, met die vermoë om die wenner van Duitsland se wedstryde reg te raai. Hy het ook die wenner van die eindstryd reg geraai. Sy loopbaan het met Euro 2008 begin, toe hy 11 uit 13 van die wedstryde akkuraat voorspel het. Hy het gewoonlik gekies tussen twee houers met kos waarop die landsvlae van die twee spanne wat in elke wedstryd gespeel het, aangebring is. Ongelukkig het hy einde 2010 gesterf.

Paul was nie alleen nie. Selfs Harry die Krokodil het die 2010-Wêreldbekerwenner reg geraai. Verder het hy daarin geslaag om twee uitslae agtermekaar in die Australiese federale verkiesing te voorspel. Maar hy kon nie by die Duitse seekat se aantrekkingskrag kers vashou nie. Ook het Mani, 'n Singapoerse papegaai wat die kwart- en halfeindstryde van die 2010-Wêreldbeker almal reg geraai het, nie beter gevaar nie, want hy het nie reg geraai wie die eindstryd tussen Spanje en Nederland sou wen nie.

Sedert Paul se ontydige dood is daar groot mededinging oor wie sy titel sal verower. Tydens Euro 2012 was daar drie diere wat hierdie spel gespeel het: Citta, 'n Indiese olifant wat in 'n dieretuin in Krakow, Pole woon. Fred, die Oekraïnse fret wat op Twitter gevolg kan word. En Funtik, die Oekraïnse waarsêervark wat 2 uit elke 3 wedstryde akkuraat kan voorspel.

Wie sal Paul die seekat gedurende die volgende Wêreldbekertoernooi opvolg? Sal dit die papegaai wat deur Pous Franciskus op Sint-Pietersplein geseën is, en wat nou 'n ster van die Italiaanse nasionale openbare uitsaaier is, wees? Of Nelly, die Duitse olifant wat tot op hede 30 uit 33 wedstryduitslae korrek voorspel het? En moenie die psigiese vermoëns van die pandawelpie wat deur die Chinese staatsmedia ondersteun word, onderskat nie.

Die Italiaanse papegaai genaamd Amore (Italiaans vir liefde) sal sy voorspelling gee deur die vlag van die wenspan op 'n miniatuur-voetbalveld te kies. Nelly verkies om wenners te voorspel deur 'n bal in een van die nette met die vlae van die mededingende lande voor hulle, te skop. Die pandawelpie sal eerder die uitslag van wedstryde raai deur tydens die groepswedstryde kos uit houers waarop vlae aangebring is, te haal en deur in die uitkloprondtes 'n boom waarop 'n vlag is, te klim.

Het jy 'n troeteldier?
Sal hy of sy beter kan doen? Hoe?
Laat hulle 'n slag probeer!

by Garret Greeff

0 Votes
#1041 of #1440 in the World
#6 of #9 for Afrikaans



Go to the ranking page for Afrikaans

Can you translate better?

Join the challenge