Wêreldbekervoorspellers

Translated into Afrikaans (Original version)


Onthou jy vir Paul, die seekat? Hy was die ster van die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi, in staat om die wenner van Duitsland se wedstryde te  voorspel. Hy het ook die wenner van die eindstryd reggeraai. Sy loopbaan het begin met Euro 2008, toe hy 11 uit 13 van die wedstryde reg voorspel het. Hy het gewoonlik tussen twee houers met kos gekies, waarop die landsvlae van die twee spanne was wat in elke wedstryd gespeel het. Ongelukkig het hy einde 2010 gesterf.

Paul was egter nie alleen nie. Selfs Harry die Krokodil kon die 2010 Wêreldbekerwenner reg raai. Verder was hy in staat om twee agtereenvolgende Australiese Federale Verkiesingsresultate te voorspel. In weerwil daarvan het hy nooit die aantrekkingskrag van die Duitse seekat gehad nie. Mani, 'n Singalese papegaai wat al die kwart- en halfeindstryde van die 2010 Wêreldbeker reggeraai het, het ook nie beter gevaar nie, want hy kon nie daarin slaag om reg te raai wie van Spanje en Nederland die eindstryd sou wen nie.

Sedert Paul se ontydige dood is daar groot mededinging oor wie sy kroon sal oorneem. Tydens Euro 2012 was daar drie diere wat hierdie spel gespeel het: Citta, 'n Indiese olifant wat in 'n dieretuin in Krakow, Pole bly. Fred, die Oekraïense krimpvarkie wat op Twitter gevolg kan word. En Funtik, die Oekraïense waarsêervark, wat in staat is om 2 uit elke 3 wedstryde raak te voorspel.

Wie sal Paul die Seekat gedurende die volgende Wêreldbekertoernooi vervang? Sal dit die papegaai, geseën deur Pous Franciscus op Sint Petrus se Plein, en nou 'n ster van die Italiaanse nasionale uitsaaier, wees? Of sal dit Nelly wees, die Duitse olifant wat 30 uit 33 wedstrydresultate tot op datum reg voorspel het? En natuurlik, moenie die psigiese magte van die pandawelpie wat deur die Chinese staatsbeheerde media ondersteun word, onderskat nie.

Die Italiaanse papegaai genaamd Amore (Italiaans vir liefde) sal sy voorspelling gee deur die die vlag van die wenspan op 'n miniatuur voetbalveld te kies. Nelly verkies om wenners te voorspel deur 'n bal in een van die nette met die vlae van die mededingende lande voor hulle, te skop. In plaas daarvan, sal die pandawelpie die uitslag van wedstryde raai deur kos uit houers gemerk met vlae, te haal tydens die groepswedstryde en deur in 'n boom te klim en 'n vlag te waai in die uitkloprondtes.

Het jy 'n troeteldier?
Sal hy of sy beter vaar? Hoe?
Laat hulle probeer!

by Suzette

0 Votes
#851 of #1440 in the World
#4 of #9 for Afrikaans



Go to the ranking page for Afrikaans

Can you translate better?

Join the challenge